Senior Plaasbestuurder

Senior Plaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Wartburg/Dalton distrik in Kwa-Zulu Natal, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die eenheid wat Braaikuikens Teel en die Beeskudde van die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), is sterk meganies (diesel, sweis- en staalwerk, draadwerk, boorgate ens), 5 - 10 jaar ondervinding in die Teel van Braaikuikens (Breeders) en werkende kennis in alle aspekte van Beeskuddebestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om Zoeloe vlot te praat, sober gewoontes, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Die hooffokus van diè senior Pos is die effektiewe bestuur van die eenheid wat Braaikuikens teel en Beeskuddebestuur, maar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om ook betrokke te raak by die ander afdelings van die Boerdery soos en wanneer nodig.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Teel-eenheid van Braaikuikens
    • Plasings
    • Inentings
    • Mortaliteitbestuur
    • Biosekuriteit
    • Voeding
  • Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding en herstel van infrastruktuur
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp