Senior Produksiebestuurder: Aartappels

Senior Produksiebestuurder: Aartappels picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende dinamiese Boerdery in die Vryburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Produksiebestuurder om die Aartappel Produksie-eenheid van die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Aartappels onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, sin vir presiesie, goeie tydsbestuur, sterk verantwoordelikheidsin en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus
  • Effektiewe en akkurate uitvoering van produksiepraktyke
  • Besproeiingsbestuur
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van Area van verantwoordelikheid
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die produksiesiklus
  • Rekordhouding en algemene verslagdoening

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n kundige Senior Produksiebestuurder met 'n sterk sin vir presiesie, eienaarskapmentaliteit en verantwoordelikheidsin wie floreer in 'n werksomgewing waar werk akkuraat, stiptelik en presies gedoen word met trots.

Die Plaas is afgeleë, en kan dit dalk 'n uitdaging vir Ouers met skoolgaande kinders wees sou koshuisverblyf nie 'n opsie wees nie.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, mediesefonds bydra, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp