Senior Produksiebestuurder: Aartappels
Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Vryburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Senior Produksiebestuurder om die Aartappel Adeling van die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud en het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Aartappels op droëland en onder besproeiing.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
- Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
- Bestuur besproeiing
- Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, mediesefonds bydra, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar