Silobestuurder

Silobestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde landbou-onderneming in die Bethal-distrik, is op soek na ’n ervare, verantwoordelike en praktykgerigte Silobestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die doeltreffende bestuur van die silo- en graanhanteringsfunksie.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat met sterk operasionele vermoë, goeie administratiewe dissipline en ’n deeglike begrip van graanontvangs, berging, gehaltebeheer, voorraadbestuur en die algemene funksionering van ’n silo-omgewing. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die handhawing van hoë standaarde ten opsigte van akkuraatheid, netheid, veiligheid en operasionele doeltreffendheid.

Hierdie pos bied aan die regte kandidaat die geleentheid om deel te word van ’n gevestigde landbou-omgewing waar die silofunksie ’n belangrike rol speel in die sukses van die onderneming. Dit is ’n rol vir iemand wat trots put uit orde, beheer en verantwoordelikheid, en wat graag ’n tasbare bydrae wil lewer tot die gladde vloei van graanontvangs, berging en uitreiking. Vir ’n kandidaat wat op soek is na ’n stabiele posisie met betekenisvolle verantwoordelikheid binne ’n professionele landbou-opset, verteenwoordig hierdie ’n baie goeie loopbaangeleentheid.

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • Minimum Graad 12
  • Relevante tersiêre kwalifikasie in Landbou, Graanhantering, Logistiek of Bestuur sal voordelig wees
  • Minimum 3 tot 5 jaar toepaslike ondervinding in ’n silo-, graan- of verwante landbou-omgewing
  • Goeie praktiese kennis van graanontvangs, graanberging, kwaliteitsbeheer en voorraadbestuur
  • Ervaring met die bestuur van personeel en daaglikse operasionele aktiwiteite
  • Vermoë om akkuraat rekord te hou en administrasie noukeurig te bestuur
  • Goeie begrip van veiligheid, netheid en onderhoud binne ’n silo-omgewing
  • Basiese meganiese en tegniese insig sal voordelig wees
  • Rekenaarvaardigheid
  • Vermoë om onder druk te werk, probleme prakties op te los en verantwoordelikheid te neem

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Bestuur van die daaglikse silo- en graanhanteringsoperasies
  • Toesig oor graanontvangs, klassifikasie, hantering, berging en uitreiking
  • Handhawing van gehaltebeheer- en rekordhoudingstandaarde
  • Voorraadbeheer en akkurate monitering van graanbewegings
  • Bestuur en toesig van personeel binne die silo-omgewing
  • Verseker van netheid, veiligheid en operasionele dissipline
  • Identifisering en rapportering van tegniese of operasionele probleme
  • Skakeling met bestuur, produsente, vervoer en ander relevante rolspelers
  • Toesien dat die fasiliteit en toerusting behoorlik onderhou en funksioneel gehou word

Persoonlike profiel:

Die ideale kandidaat is ’n betroubare, gestruktureerde en selfstandige persoon met goeie administratiewe en operasionele dissipline. Hierdie persoon moet gemaklik wees om verantwoordelikheid te neem, mense te bestuur en hoë standaarde te handhaaf in ’n omgewing waar akkuraatheid, tydigheid en beheer krities is. ’n Praktiese ingesteldheid, goeie oordeel en ’n sterk verantwoordelikheidsin sal in hierdie rol van groot waarde wees.

’n mededingende salaris word aangebied volgens die suksesvolle kandidaat se ervaring, kwalifikasies en algehele geskiktheid vir die rol.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 15 Mei 2026

Indien jy ’n toegewyde Silobestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n diverse Landbougroep, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp