Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Nelspruit distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Sitrus Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die operasionele, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis.
Die ideale kandidaat het 'n verwante tersiêre kwalifikasie met 5 - 10 jaar eerstehandse ondervinding in Pakhuisbestuur met werkende kennis van die daarstelling en handhawing van die korrekte sorteer-, verpakkingsteikens en -standaarde deur 'n elektroniese grootte en sorteerder met sterk meganiese aanleg/ondervinding van pakhuistoerusting en instandhoudingsvereistes.
Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede met alle vlakke van personeel, bestuur en medebestuurders, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wat gedrewe en gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: November 2025
Aansoeke sluit: 6 Oktober 2025
Aantreklike salaris met gratis behuising, diskresionêre bonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar