Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Bonnievale distrik in die Weskaap, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder met die autoriteit om take aan te pak en voltooi binne gewenste en vereiste raamwerke.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (sal in jou guns tel), 3 - 8 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Uitvoersitrus met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om te kan beplan, organiseer en te bestuur in ‘n landbou omgewing is kritiek gerugsteun deur die bereidheid om te ontwikkel deur self studie, is vlugdenkend, vermoë om effektief onder druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
    • Seisoen voorbereiding m.b.t snoei, snoeibegrotings, netheid en uitvoer daarvan
    • Uitdunne, uitdun begrotings, vrugplasing en uitvoer van take wat gepaardgaande daarmee is
    • Plant praktyke en versorging
    • Besproeiing en skedulering
    • Peste en plae bestuur
    • Bemesting
    • Oes, rypheidindeksering, produksiebestuur en nodige beplanning
    • Administratiewe verantwoordelikheid
    • Boordnetheid, monitering en sanitasie
  • Kontantvloei- en begrotingbestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 23 Julie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp