Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om 'n produksie-afdeling met pakhuis van die Boerdery effektief, volhoubaar, koste-effektief en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) en 5 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus met ondervinding in besproeiingsbestuur, gif- en kunsmisprogramme met werkende kennis van Sitrus Pakhuisbestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om te kan beplan, organiseer en te bestuur, vermoë om effektief onder druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
    • Seisoen voorbereiding m.b.t snoei, snoeibegrotings, netheid en uitvoer daarvan
    • Uitdunne, uitdun begrotings, vrugplasing en uitvoer van take wat gepaardgaande daarmee is
    • Plant praktyke en versorging
    • Besproeiing en skedulering
    • Peste en plae bestuur
    • Bemesting
    • Oes, rypheidindeksering, produksiebestuur en nodige beplanning
    • Administratiewe verantwoordelikheid
    • Boordnetheid, monitering en sanitasie
  • Pakhuisbestuur
    • Bestuur om kwaliteit produkuitset
    • Akkuraatheid en konsekwentheid wat Pakhuisprosesse verseker
    • Verseker hoë standaarde van gesondheids- en veiligheidspraktyke
    • Evaluering van produktiwiteit
    • Opleiding en bestuur van Pakhuispersoneel
    • Akkurate administratiewe bestuur met die fokus op rekordhouding
    • Vooruitskatting en bestel van Pakhuisvoorraad
    • Verseker dat industrie gehalteversekeringstandaarde aan voldoen word
    • Verseker dat temperatuurregulasies nagekom word
    • Optimale uitpakpersentasies

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 26 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp