Skaapkudde- en Voerkraalbestuurder

Skaapkudde- en Voerkraalbestuurder picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, raakvat en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Skaapkudde en Voerkraal (Skaap en Bees) winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Bees- en Skaapvoerkraal, is meganies sterk aangelê en het goeie werkende kennis van Skaapkuddebestuur.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Voerkraal
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Algehele Skaapkuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Lamhokbestuur
    • Monitor getalle
    • Skeer
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 18 November 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuigtoelaag word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp