Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Skaapkudde winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Skaapkudde.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar