Spesialis Beesbestuurder

Spesialis Beesbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en ervare Beesbestuurder om deel te word van hulle dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 'n relevante Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde  en uitstekende werkende kennis (met resultate) van kunsmatige inseminasie (vereiste) en dragtigheidsondersoeke (vereiste) op beeste.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë wie gemaklik in spanverband funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
      • Voorbereiding van diere vir KI
      • Vroulike diere suksesvol KI
      • Dragtigheidsondersoeke akkuraat uitvoer
      • Akkurate rekordhouding
    • Kudde monitor en getalle
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Daar is ook 'n moontlike Pos beskikbaar vir 'n Admin-/Ontvangsdame

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp