Takbestuurder: Onderdele

Takbestuurder: Onderdele picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Onderdele-onderneming in Kimberley, is opsoek na energieke en ervare Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die verkope, voorraadbeheer, kliëntediens en winsgewindheid van die Tak.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Bemarking- of Besigheidskwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 5 jaar bewese ervaring as Kleinhandelbestuurder binne Onderdele (aanbeveel) en goeie werkende kennis van verkoops-, bemarking-, personeel- en voorraadbestuur met 'n fokus op uitstekende kliëntediens en winsgewindheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde onderhandelingsvermoë, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Vestig, ontwikkel en onderhou sakeverhoudinge met huidige kliënte en voornemende kliënte
  • Identifiseer prioriteitsprodukte
  • Bestuur alle bedrywighede en ken verantwoordelikhede aan personeel toe
  • Hou toesig oor en lei personeel tot maksimum prestasie
  • Bestuur voorraadvlakke en aankope
  • Hanteer klagtes van kliënte om die reputasie van die Winkel te handhaaf
  • Beplan en hou toesig oor promosie-geleenthede of uitstallings in die Winkel
  • Bly op hoogte van markneigings om die behoefte aan verbeterings in die Winkel te bepaal
  • Ontleed verkoops- en inkomsteverslae en maak voorspellings
  • Bevorder prioriteitsprodukte gebaseer op kliënte se behoeftes en produkvoordele
  • Toon 'n goeie kennisbasis en begrip van die produkte sowel as opposisieprodukte
  • Volg die geskiedenis van klanteverkope en sukseskoerse op om herhaalde bestellings te verseker
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer
  • Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Lewer insette in die ontwikkeling en implementering nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Januarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp