Tegniese Adviseur: Veevoere

Tegniese Adviseur: Veevoere picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming wat spesialiseer in die produksie en verkope van Veevoere is opsoek na 'n energieke en ervare Verkoopsverteenwoordiger/Tegniese Adviseur om verantwoordelikheid te neem vir verkope en kliëntediens in Mpumalanga.

Die ideale kandidaat het 'n Landbou- / Veekundekwalifikasie (BCom/BSc), het 'n professionele SACNASP-registrasie as 'n Dierevoedingkundige, 'n minimum van 3 jaar bestuurservaring in die verkope en bemarking van dierevoeding, gevorderde rekenaargeletterdheid in MS Office, veral MS Excel, eie betroubare voertuig met 'n geldige bestuurslisensie. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om produktiewe professionele verhoudings te bou en in stand te hou, uitstekende verkoops-, onderhandelings- en kommunikasievaardighede in beide Engels en Afrikaans, prioritisering, tydsbestuur en organisatoriese vaardighede sowel as detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontwikkeling en implementering van 'n bemarkings-/verkoopstrategie vir die Mpumalanga-provinsie
  • Produkontwikkeling
  • Tegniese advies en ondersteuning aan kliënte en voornemende kliënte
  • Bestuur algehele kliëntetevredenheid
  • Voldoen aan verkoopsteikens soos ooreengekom met die Besturende Direkteur
  • Begroting en kosteberekening
  • Identifiseer prioriteitsprodukte vir area van verantwoordelikheid
  • Stel bestaande en potensiële kliënte gereeld in kennis van produktenuus
  • Bevorder prioriteitsprodukte gebaseer op kliënte se behoeftes en produkvoordele
  • Toon 'n goeie kennisbasis en begrip van die produkte sowel as opposisieprodukte
  • Volg die geskiedenis van klanteverkope en sukseskoerse op om herhaalde bestellings te verseker
  • Identifiseer produkontwikkelingsbehoeftes in verkoopsarea
  • Ontmoet gereeld met kliënte om ontwikkelende behoeftes te bespreek en die kwaliteit van die Maatskappy se verhouding te evalueer
  • Handhaaf tegniese en professionele kennis
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer en verkoopskwotas vir gebiede en die streek te voorspel en te ontwikkel
  • Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Lewer insette in die ontwikkeling en implementering nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Verseker die doeltreffendheid van kruisverkope-aktiwiteite
  • Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, reistoelaag met 'n aantreklike kommissiestruktuur word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp