Ons gewaardeerde kliënt, ‘n landbou-industriële entiteit in Zimbabwe en Kenya, is opsoek na twee energieke, ervare, kundige en raakvat Uitvoerende Hoofplaasbestuurders om verantwoordelikheid te neem vir die totale, ontwikkeling, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van 'n 3 600ha Plaas in Tana River County in Kenya en 'n 2 000ha Plaas in die Mwenezi distrik in Zimbabwe.
Die ideale kandidate het 'n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie (vereiste - MBA/Finansiële kwalifikasie is 'n sterk aanbeveling), met meer as 10 jaar ervaring in alle aspekte van die ontwikkeling en effektiewe bestuur van 'n Saaiplaas onder besproeiing met 'n indiepte ondervinding m.b.t Algemene Bestuur beginsels.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, sterk dissipline, vermoë om effektief onder druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: Februarie/Maart 2026
Aansoeke sluit: 30 November 2025
'n Aantreklike salaris in Dollar, onderhandelde presatsiebonus, gemeubileerde behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar