Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas in die Schweizer Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuurder om die Wildplaas van 4 000ha optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, is 'n Professionele Jagter (aanbeveel) en het meer as 10 jaar bewese ondervinding in Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, met die vermoë het om die besigheid uit te brei en te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Bogenoemde gekoppel met jou rekenaargeletterdheid, sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele individu met die vermoë om die Plaas onafhanklik en effektief te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 19 November 2023
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, 13de tjek, aantreklike kommissiestruktuur en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.