Veebestuurder

Veebestuurder picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Vrede distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Bees- en Skaapkudde winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur van ‘n Bees- en Skaapkudde.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor getalle
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 25 Julie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp