Veebestuurder

Veebestuurder picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Potchefstroom distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Bees-, Bok- en Skaapkudde winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 'n Kode 14 (EC) bestuurslisensie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur van ‘n Bees-, Bok en Skaapkudde op hoëdrukbeweiding onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algehele Kuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor getalle
  • Besproeiingsbestuur
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 18 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp