Veekundige/"Stockman"
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery in die Hofmeyer-distrik van die Klein Karoo, bied ’n uitstekende loopbaangeleentheid aan ’n ervare en praktiese Veekundige om ’n sleutelrol te speel in die bestuur en verdere ontwikkeling van ’n diverse vee-onderneming.
Hierdie is nie bloot ’n bestuurspos nie, maar ’n geleentheid vir ’n kandidaat met ’n sterk eienaarskapmentaliteit om verantwoordelikheid te neem vir die daaglikse bestuur, produktiwiteit en langtermyn volhoubaarheid van die boerdery se verskillende veevertakkings.
Die ideale kandidaat is ’n deurwinterde veeman wat die waarde van goeie dieregesondheid, reproduksiebestuur, veldbestuur en dissipline verstaan, en wat deur voorbeeld leiding gee.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- Minstens 10 jaar bewese ondervinding in die praktiese bestuur van vee-ondernemings
- Uitstekende kennis van kommersiële beesproduksie
- Uitstekende kennis en ondervinding met Stoetskape, Boerbokke en Angorabokke
- Goeie begrip van reproduksie-, voeding- en weidingsbestuur
- Ondervinding in voerkraalbestuur sal voordelig wees
- Die vermoë om onafhanklik te funksioneer en verantwoordelikheid te neem vir resultate
- Goeie kommunikasie- en organisasievermoë
- Kode 10-bestuurslisensie (sterk aanbeveel)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
- Die volledige operasionele bestuur van die boerdery se veevertakkings
- Dieregesondheid, reproduksiebestuur en kuddeprestasie
- Voeding, lekprogramme en kondisiemonitering
- Weidings- en veldbestuur
- Voerkraalbestuur
- Effektiewe bestuur en ontwikkeling van personeel
- Instandhouding van infrastruktuur en toerusting
- Plaassekuriteit, netheid en brandvoorkoming
- Samewerking met die eienaar ten opsigte van produksiedoelwitte en strategiese beplanning
- Betrokkenheid by die produksie van lusern onder besproeiing ten einde optimale veevoerbeskikbaarheid te verseker
Markverwante vergoedingspakket volgens ervaring en meriete, 'n onderhandelbare prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes
Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat trots neem in sy beroep, sterk waardes handhaaf en graag deel wil vorm van ’n gevestigde boerdery waar langtermynbydrae, verantwoordelikheid en kwaliteitbestuur hoog geag word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 30 Junie 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Veebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]