Veekundige/"Stockman"

Veekundige/"Stockman" picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde beesboerdery in die Ermelo-distrik, is op soek na ’n ervare en verantwoordelike Beeskuddebestuurder / "Stockman" om ’n sleutelrol te vervul in die bestuur van groot beeskuddes en die uitvoering van belangrike reproduksie- en kuddebestuursfunksies.

Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat prakties, betroubaar en resultaatgedrewe is, met goeie werkende kennis van beeskuddebestuur en ’n bewese vermoë om met groot kuddes doeltreffend en noukeurig te werk.

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • 5 tot 10 jaar toepaslike ondervinding in beesboerdery
  • Bewese ervaring in die bestuur van groot beeskuddes (stoet en kommersieël)
  • Praktiese en bewese bevoegdheid in kunsmatige inseminasie (KI) met resultate
  • Bewese vermoë om dragtigheidstoetse uit te voer met suksesvolle resultate
  • Goeie algemene kennis van kuddegesondheid, reproduksiebestuur en daaglikse beesbedrywighede
  • Vermoë om verantwoordelikheid te neem en akkuraat rekord te hou
  • Goeie kommunikasievaardighede en ’n verantwoordelike werksetiek

Kernverantwoordelikhede:

  • Daaglikse bestuur en toesig van die beeskudde
  • Hantering en bestuur van groot getalle vee op ’n georganiseerde en doeltreffende wyse
  • Uitvoering van kunsmatige inseminasie
  • Monitering en verslagdoening van KI-resultate
  • Uitvoering van dragtigheidstoetse
  • Identifisering en opvolg van reproduksieresultate binne die kudde
  • Ondersteuning van kuddegesondheidsprogramme en algemene veebestuur
  • Rekordhouding van teel-, dragtigheid- en produksiedata
  • Samewerking met bestuur om reproduksie- en produksiedoelwitte te bereik

Belangrike aanvullende inligting:

Daar is ook ’n moontlike betrekking beskikbaar vir ’n Ontvangsdame / Administratiewe Dame. Indien ’n geskikte getroude paartjie sou belangstel, sal die werkgewer bereid wees om aansoeke van ’n egpaar te oorweeg eerder as slegs individuele aansoeke.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare Beesman wat trots is op sy werk, bewese resultate kan toon, en graag deel wil wees van ’n stabiele en vooruitstrewende boerdery-omgewing.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 15 Mei 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Indien jy ’n toegewyde en ervare Beeskuddebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp