Velddiens Dieselwerktuigkundige
Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery met belange in 'n Kuilvoersny Kontrakteur Maatskappy, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Maatskappy se voertuie en -werktuie.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste), met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van kuilvoerkerwers en vragmotors.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasievermoë, eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Diens, instandhouding en herstel van toerusting
- Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
- Vooraadbeheer en -bestuur
- Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
- Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
- Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur
Diensaanvaarding: Januarie 2026
Aansoeke sluit: 30 November 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar