Verkoopsverteenwoordiger: Groente Saailinge

Verkoopsverteenwoordiger: Groente Saailinge picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming in Limpopo wat spesialiseer in die verkope van Groente Saailinge, is opsoek na 'n energieke en ervare Verkoopsverteenwoordiger om verkope te groei, langtermyn-verhoudings met kliënte te bou en uitstekende produk-ondersteuning aan kommersiële produsente, kwekerye en opkomende boere te bied.

Die ideale kandidaat het 'n Landbou- of Bemarkingskwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar bewese verkoopservaring (landbou-verkope sterk aanbeveel), 'n goeie begrip van groenteproduksiesiklusse met sterk kommunikasie-, onderhandelings- en verhoudingsbouvaardighede.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie organisatoriesevaardighede en administratiewe vaardighede (kwotasies, bestellingverwerking, verslagdoening), jou fyn oog vir detail met sterk leierseienskappe, selfgemotiveerd, teikengedrewe en in staat om onafhanklik te werk met 'n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Bemarking en verkope aan bestaande en nuwe kliënte
  • Bou en instandhouding van sterk verhoudings met kliënte, koöperasies, pakhuise en landbou-vennote
  • Verskaf produkadvies oor saailingkeuse, plantvensters, hantering en vestiging in die vroeë groeistadium
  • Beplan weeklikse roetes, kliëntebesoeke en opvolg om teikens te haal
  • Stel kwotasies op, neem bestellings en koördineer aflewerings met die logistieke span
  • Hanteer navrae en klagte professioneel en tydig om kliëntetevredenheid te verseker
  • Versamel markinligting (pryse, mededingers, tendense) en rapporteer aan bestuur
  • Ondersteun promosies, velddae en kliënte-opleiding waar nodig
  • Identifiseer prioriteitsprodukte vir area van verantwoordelikheid
  • Handhaaf tegniese en professionele kennis
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, skootrekenaar, selfoon, voertuigtoelaag, reistoelaag met 'n aantreklike kommissiestruktuur en aansporingsbonus word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp