Verkoopsverteenwoordiger: Heelwerktuie
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming in die Lichtenburg distrik wat spesialiseer in die verkope van Heelwerktuie en Implemente, is opsoek na 'n energieke, teikengedrewe en kliënt-gefokusde Verkoopsverteenwoordiger om die Maatskappy se trekker- en implementverkope te groei.
Die ideale kandidaat het 2 - 5 jaar ervaring in verkope (voorkeur: landbou/meganisasie/masjinerie), 'n begrip van landbou-omgewings en trekkertoepassings (of sterk leervermoë) met uitstekende kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede
Bogenoemde vaardighede gekombineer met jou vermoë om sterk verhoudings met produsente en kontrakteurs te bou, goeie organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Vestig, ontwikkel en onderhou sakeverhoudinge met huidige kliënte en voornemende kliënte
- Stel bestaande en potensiële kliënte gereeld in kennis van produktenuus
- Toon 'n goeie kennisbasis en begrip van die produkte sowel as opposisieprodukte
- Volg die geskiedenis van klanteverkope en sukseskoerse op om herhaalde bestellings te verseker
- Handhaaf tegniese en professionele kennis
- Vestiging van Netwerke
- Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
- Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer en verkoopskwotas vir gebiede en die streek te voorspel en te ontwikkel
- Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
- Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
- Lewer insette in die ontwikkeling en implementering nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
- Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
- Opstel van kwotasies, finansierings- en ruiltransaksie-ondersteuning
- Verseker die doeltreffendheid van kruisverkope-aktiwiteite
- Demonstrasies, produktoorhandigings en opvolgdiens
- Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, kommissie/bonusstruktuur, voertuig/brandstof-toelae (waar van toepassing) selfoon-toelae (waar van toepassing), opleiding op produkte en deurlopende ondersteuning en 'n goeie span-omgewing en geleentheid vir groei.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar