Vragmotorbestuurder

Vragmotorbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende dinamiese Boerdery in die noordelike distrik van die Vrystaat het 'n posisies beskikbaar vir 'n Vragmotorbestuurder, en nooi ons individue met 'n geldige Kode 14 bestuurslisensie, 'n geldige PDP en 2 - 3 jaar ongeluksvrye ondervinding om aansoek te doen.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, stiptelikheid, netheid, betroubaarheid en trots op werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte sal onder andere die volgende insluit:

  • Uiterste netheid op self en op vragmotor
  • Instandhoudingskontrole
  • Laai en aflaai van produkte
  • Hak en afhak van sleepwaens
  • Veilige sleep van vragte
  • Stiptelikheid
  • Rekordhouding
  • Rapportering
  • Hulp verleen met vragte reel en dat permitte in plek is
  • Vervoer van werkers daagliks Plaas toe en terug
  • Enige ander pligte soos deur Bestuur bepaal van tyd tot tyd

Markverwante salaris eie aan die bedryf sonder behuising word aangebied.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 13 Oktober 2025

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp