Vrugtepakhuisbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Maatskappy in die Tzaneen distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n praktiese, "hands on" en raakvat Vrugtepakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe en optimale bestuur van die Pakhuis.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel), met meer as 5 jaar se ondervinding in vrugtepaklynbestuur, bewese ondervinding in personeelbestuur (opleiding, prestasie en dissipline), kennis van gehaltestandaarde en gehaltebestuur in die vrugtebedryf, kennis van vrugteverpakkingsagteware sal jou aansoek versterk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou ondervinding met TOMRA/Compac kamera-sorteer- en graderings-tegnologie, jou ingesteldheid op produkkwaliteit, doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur van die paklyn (produktiwiteit, gehaltebeheer en personeel)
- Verseker dat die paklyn opgestel is volgens die daaglikse pakprogram en vasgestelde spesifikasies
- Verseker dat vrugtegehalte voldoen aan die vereiste standaarde volgens verpakkingsvereistes/wetgewing
- Handhaaf produktiwiteit op die paklyn en voldoen aan daaglikse produksieteikens
- Bestuur paklynpersoneel (opleiding, produksie, prestasie en dissipline)
- Ken voldoende personeel toe aan die paklyn volgens die verpakkingsplan, terwyl arbeidskoste beperk
- Verseker dat die paklyn en alle bedrywighede voldoen aan BRCGS-, HACCP- en SIZA-standaarde
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Januarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf en 'n 13de tjek word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar