Werkswinkel- en Onderhoudsbestuurder

Werkswinkel- en Onderhoudsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wild- en Eksotiese Wildteelplaas in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na ’n dinamiese, energieke en toegewyde Instandhoudingsbestuurder om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Infrastruktuur (elektrisiteit, water, voertuie, en geboue) en uitbreiding van plaasinfrastruktuur.

Die ideale kandidaat is 'n rooiseël gekwalifiseerde Ambagsman (aanbeveel), is sterk meganies (Diesel) en/of ketelmaker (boiler making) en/of elektriese, 5 - 10 jaar ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkelbestuur
  • Infrastruktuurprojekte
  • Instandhouding
    • voertuie en toerusting
    • geboue en fasiliteite
    • plaasinfrastruktuur
  • Elektrisiteit en Loodgieterwerk
  • Sweis- en Staalwerk
  • Verantwoordelik vir die organisering en toesig van plaaswerkers
  • Ander
    • Wildteelbedrywighede
    • Jagverwante bedrywighede
    • Spilpunt besproeiingbestuur
  • Brandvoorkoming en -bestuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning

Diensaanvaarding: Januarie/Februarie 2026

Aansoeke sluit: 9 Desember 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp