Werkswinkel- en Onderhoudsbestuurder

Werkswinkel- en Onderhoudsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde en gediversifiseerde Boerdery in die Ceres distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n ervare en energieke Werkswinkel- en Onderhoudsbestuurder om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Boerdery se voertuie, trekkers, implemente, toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is getroud, is sterk meganies, met 'n Rooiseel Kwalifikasie Diesel en/of "Millwright" en/of Elektries (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie, netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkelbestuur
    • Werkskaartbestuur
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Monitering en koördinering van voertuig dienste
    • Begrotingbestuur
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Personeelbestuur
    • Algemene Rekordhouding
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel
  • Onderhoudsbestuur
    • Foutopsporing en herstelwerk aan voertuie en masjinerie
    • Foutopsporing, diens en herstelwerk op Plaasvoertuie, -implemente en -toerusting
    • Elektrisiteit en Loodgieterwerk
    • Instandhouding, oprigting en herstel aan Infrastruktuur
    • Diens van voertuie en vragmotors
    • Sweis- en Staalwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van die Plaasbestuurder

Diensaanvaarding: Mei/Junie 2024

Aansoeke sluit: 22 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp