Dieselwerktuigkundige

Dieselwerktuigkundige picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde gemengde Boerdery in die Davel distrik in Mpumalanga, is op soek na 'n gekwalifiseerde en ervare Dieselwerktuigkundige om volle verantwoordelikheid te neem vir die bestuur van die Boerdery se besige Werkswinkel.

As Dieselwerktuigkundige sal jy toesig hou oor alle meganiese bedrywighede, doeltreffende werkvloei beide in die werkswinkel en in die veld, en hoë standaarde van werkverrigting, veiligheid en professionaliteit handhaaf. Dit is 'n praktiese rol, ideaal vir iemand wat deur voorbeeld lei en trots is op hul werk.

Die ideale kandidaat is getroud, is 'n rooiseel gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste), het meer as 10 jaar ondervinding met Landboutoerusting en baie goeie vaardighede in beide elektronika en hidroulika.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer, jou gesonde menseverhoudings, stiptelikheid, netheid, akkuraatheid en trots op jou werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voer praktiese meganiese werk uit as die Hoofdieselwerktuigkundige
  • Bestuur werkstrome, onderdelebestellings, verslae, ens
  • Lei en mentor personeel met verskeie herstelwerk
  • Voer hoë-end herstelwerk en diagnostiek uit (waar die gemiddelde Dieselwerktuigkundige nie kan herstel nie)
  • Gee terugvoer van en hanteer daaglikse kwessies
  • Handhaaf akkurate dokumentasie en databasisrekords
  • Verseker tydige en hoë kwaliteit herstelvoltooiing
  • Hou toesig oor en optimaliseer werkswinkelpersoneel en arbeidshulpbronne
  • Hou toesig oor verkryging en bestelling van onderdele
  • Onderhou en verbeter stelsels, tegniese verslagdoening en terugvoer
  • Handhaaf streng veiligheidstandaarde en uitstekende huishoudelike praktyke
  • Verseker netheid in en om die werkswinkel

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n ervare Dieselwerktuigkundige met sterk bestuur- en leierskapsvaardighede wie 'n passie het vir uitnemendheid in landboutoerusting diens en herstel.

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werkdoeleindes word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp