Werkswinkelbestuurder (Zambië)

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende Boerdery in die Suidelike Provinsie van Zambië, is op soek na ’n gekwalifiseerde en ervare Werkswinkelbestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die bestuur van die Boerdery besige werkswinkel. 

Jy sal toesig hou oor alle meganiese bedrywighede, doeltreffende werkvloei beide in die werkswinkel en in die veld oor vier Plase, en 'n hoë standaarde van werkverrigting, veiligheid en professionaliteit handhaaf. Dit is 'n praktiese rol, "hands-on" en ideaal vir iemand wat deur voorbeeld lei en trots is op hul werk.

Die ideale kandidaat is getroud, is 'n rooiseel gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste), het meer as 10 jaar ondervinding met Landboutoerusting, algemene Plaas infrastruktuur en baie goeie vaardighede in beide elektronika en hidroulika.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer, jou gesonde menseverhoudings, stiptelikheid, netheid, akkuraatheid en trots op jou werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die werkswinkel en alle daaglikse bedrywighede
  • Diens, herstel en instandhouding
    • vragmotors, sleepwaens, trekkers, implemente, TLB’s, mengwaens en ander plaastoerusting
  • Beplanning en uitvoering van voorkomende instandhoudingskedules
  • Lei en mentor werkswinkelpersoneel; toesig oor hul werkprogramme
  • Uitvoer van hoëvlak herstelwerk en gevorderde foutdiagnose
  • Bestuur van onderdelebestellings, voorraadbeheer en gereedskapmonitering
  • Verseker dat onderdele betyds beskikbaar is om stilstand te verminder
  • Handhaaf akkurate administrasie, verslae en databasisrekords
  • Verseker netheid, orde en veiligheid in en om die werkswinkel
  • Moniteer, diens, herstel en bestuur 'n 1 000ha spilpunte

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n ervare Dieselwerktuigkundige met sterk bestuur- en leierskapsvaardighede wie 'n passie het vir uitnemendheid in landboutoerusting diens en herstel.

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Aansoeke sluit: 23 Oktober 2025

Markverwante salaris in Amerikaanse Dollar, gratis behuising en 'n voertuig vir werkdoeleindes word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp