Werkswinkelbestuurder/Senior Dieselwerktuigkundige - Zambië
Ons gewaardeerde kliënt, ’n dinamiese en groeiende gemengde boerdery in die Suid-Provinsie van Zambië, is op soek na ’n ervare, praktiese en verantwoordelike Werkswinkelbestuurder/Senior Dieselwerktuigkundige om ’n sleutelrol binne die boerdery se tegniese en operasionele span te vervul.
Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat sterk tegnies ingestel is, eienaarskap neem van ’n werkswinkel, en die vermoë het om landboutoerusting, trekkers, vragmotors, implemente en verwante masjinerie betroubaar, produktief en koste-effektief aan die gang te hou.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur van die werkswinkel, voorkomende instandhouding, foutopsporing, herstelwerk, onderdelebeheer, tegniese beplanning, asook die opleiding, ontwikkeling en effektiewe benutting van werktuigkundiges, assistente en algemene werkswinkelpersoneel.
Ons soek ’n energieke, selfstandige en pro-aktiewe kandidaat met ’n sterk werksetiek, goeie organisasievermoë en die vermoë om onder druk praktiese oplossings te vind.
Minimum Vereistes:
- Gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige is 'n vereiste
- Minimum 10 jaar toepaslike ondervinding as dieselwerktuigkundige, waarvan ’n gedeelte in ’n senior of werkswinkelbestuursrol moet wees
- Sterk praktiese ondervinding met landboutoerusting, trekkers, vragmotors, TLB’s, laaiers, implemente en algemene plaasmasjinerie
- Goeie kennis van voorkomende instandhouding, foutdiagnose en herstelwerk
- Vermoë om ’n werkswinkel netjies, georganiseerd en produktief te bestuur
- Goeie administratiewe vermoë met betrekking tot werkskaarte, diensrekords, onderdele en instandhoudingskedules
- Bewese vermoë om junior werktuigkundiges, assistente en algemene personeel prakties op te lei en te ontwikkel
- Sterk leierskapvermoë en die vermoë om personeel te bestuur, te motiveer, op te lei en deur voorbeeld te lei
Sleutelverantwoordelikhede:
- Volledige daaglikse bestuur van die werkswinkel
- Beplanning en uitvoering van voorkomende instandhouding
- Diagnose en herstel van meganiese, hidrouliese en verwante tegniese probleme
- Instandhouding en herstel van trekkers, vragmotors, implemente en plaasmasjinerie
- Bestuur van diensintervalle en instandhoudingskedules
- Onderdelebestuur, voorraadbeheer en koste-effektiewe aankope
- Toesig oor werktuigkundiges, assistente en werkswinkelpersoneel
- Praktiese opleiding, leiding en ontwikkeling van junior personeel binne die werkswinkel
- Verseker dat personeel korrekte werksmetodes, veiligheidsprosedures en instandhoudingspraktyke toepas
- Verseker dat alle toerusting betroubaar, veilig en operasioneel beskikbaar is
- Handhawing van netheid, orde en dissipline in die werkswinkel
- Rekordhouding van herstelwerk, dienste, onderdele en masjiengeskiedenis
- Ondersteuning aan plaasbestuur met tegniese insette en beplanning
- Identifisering van herhalende probleme en implementering van praktiese oplossings
- Algemene plaas- en tegniese instandhouding soos deur bestuur vereis
Persoonlike Eienskappe:
- Sterk eienaarskapmentaliteit
- Prakties, selfstandig en oplossingsgedrewe
- Betroubaar, georganiseerd en verantwoordelik
- Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
- Geduld en vermoë om kennis prakties aan personeel oor te dra
- Vermoë om onder druk kalm en produktief te bly
- Trots op netjiese werk, goeie standaarde en volhoubare resultate
’n Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ’n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Junie 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Dieselwerktuigkundige is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging in Zambië, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]