Wildplaasbestuurder: Eksotiese- en Skaarswild
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildboerdery in die Ellisras distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke en ervare Bestuurder om die Wildplaas onafhanklik, optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar uitgebreide kennis in verskillende skaarwildspesies, kamp-, weidingsbestuur en algemene wildplaasbestuur.
Bogenoemde gekoppel met jou ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, eienaarskapmentaliteit, sterk meganiese aanleg, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Effektiewe bestuur van die Wildplaas
- Algemene instandhouding
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Infrastruktuur instandhouding
- Bestuur van indringerplante
- Voedingsbestuur
- Wildteling
- Teel van Eksotiese- en Skaarswild
- Dieregesondheid
- Noue samewerking met Veearts
- Veskuiwing van wild en kamprotasie
- Byvoeding en lekke
- Beplanning en deurvoering van vang van wild
- Merk, weeg en meet
- Monitor diere en -getalle
- Parasietbeheer
- Rekordhouding en verslagdoening
- Ander pligte soos verlang van tyd-tot-tyd
Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n Individu wat passievol, trots op sy/haar werk is, hardwerkend en verantwoordelik is binne 'n omgewing waar werk stiptelik, akkuraat en met passie verrig word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 18 Februarie 2026
Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising, elektrisiteit, water en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar