Plaasbestuurder.co.za CV Databank

Nov 26, 2021
Plaasbestuurder.co.za CV Databank picture

Plaasbestuurder.co.za staan uitsluitlik individue by wat 'n Landbouloopbaan wil volg.

Die Plaasbestuurder.co.za CV Databank is begin om eerstens jong Landbougegradueerde kandidate te help om 'n loopbaan in Landbou te bou en tweedens om individue wat opsoek is na 'n nuwe uitdaging en/of beroepsverandering vinnig te identifiseer en te evalueer.

Plaasbestuurder.co.za onderneem om eers alle CV'S op die databank te evalueer vir vakante betrekkings, en is dit belangrik dat die registrasie riglyne hieronder noukeurig gevolg word om onnodige kommunikasie te vermy. Alle CV'S word konfidensieel hanteer. Plaasbestuurder.co.za sal eers met aansoekers kommunikeer voor 'n CV oorweeg word vir n moontlike werksgeleentheid.

Om te registreer vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, volg asb hierdie stappe noukeurig:

  1. Lees ons blog oor hoe om n CV op te stel deur die skakel
  2. Maak seker jou CV is spesifiek, huidig en relevant
  3. Laai jou CV deur die skakel waar jou kundigheid, ondervinding en kwalifikasie meer van toepassing is
  4. Laai slegs jou CV en foto, ons sal jou kontak sou ons ander dokumente benodig

Net jong Landbougegradueerdes kan hulle CV hier registreer.

Hieronder is die skakels vir die verskillende tipe boerdery vir kandidate wat reeds in 'n Beroep is en opsoek is na 'n nuwe uitdaging en/of beroepsverandering.

Dankie vir elkeen se samewerking, ons sien uit om jou CV te ontvang!!

Click here to contact us on WhatsApp