Hoe om 'n CV op te stel

Hoe om 'n CV op te stel picture

Die eerste indruk wat 'n werkgewer van jou kry is deur jou dekbrief en CV.

Die doel van 'n CV is om vir jou 'n onderhoud by die werkgewer te kry, en daarom is n goed opgestelde CV so belangrik.

Wat jy ookal op jou CV sit, maak seker dat jy altyd eerlik is. Bevorder jouself deur klêm te lê op jou sterk eienskappe en vaardighede sonder dat jy die waarheid aandik. Dis altyd beter om eerlik te wees oor jou vermoë en talente.

Kom ons kyk hoe moet 'n CV lyk en hou die volgende riglyne in gedagte.

Persoonlike besonderhede

  • Adres en telefoon nommers moet bo-aan die CV wees om dit maklik te maak vir die werkgewer om jou inligting te kry.

Opsomming van ondervinding ten opsigte van die Pos

  • Gebruik die gedeelte om jou ondervinding en kundigheid op te som m.b.t die posisie waarvoor jy aansoek doen soos bv:"'n Selfgedrewe, gedisiplineerde doelgerigte Plaasbestuurder met die vermoë om personeel, hulpbronne en toerusting optimaal te benut om winsgewenheid te verseker.  Met 'n indiepte kennis van, en kundigheid in kuddebestuur (skaap en bees), akkerbou (mielies en soja), algemene instandhouding gekoppel met deursettingvermoë, kommunikasie vaardigheid en goeie beplanningsvernuf, sal hy/sy n onmiddelike waarde tot die Boerdery wees."

Area's van kundigheid

Lys hier jou kundigheid t.o.v die posisie waarvoor jy aansoek doen bv:

  • Kuddebestuur - Intensiewe Skaap
  • Kuddebestuur - Bees (Stoet)
  • Personeelbestuur
  • Akkerbou - Mielies en Soja

Persoonlike Eienskappe

Lys hier jou persoonlike eienskappe soos bv:

  • Aanvaar eienaarskap
  • Kan mense as 'n span laat saamwerk
  • Pligsgetrou ens.

Prestasies

Lys enige prestasies t.o.v die posisie soos bv:

  • Konstante lam persentasie van 175% bereik

Opleiding en kwalifikasies

Begin die lys met jou skool kwalifikasies bv:

  • Sekondere kwalifikasie:- Kwalifikasie, bv Matriek, Skoolnaam, Jaar verwerf
  • Tersiere kwalifikasie:- Kwalifikasie, bv BAgric, Univesiteit/Kollege, Jaar verwerf
  • Ander kursusse en kwalifikasies

Werksgeskiedenis

Begin by jou laaste werk, en maak seker om al jou werke te lys. Doen die lys soos volg:

  • Werkgewer
  • Tipe besigheid
  • Dorp/Stad
  • Tydperk wat jy in hulle diens was
  • Jou pligte
  • Rede hoekom jy weg is

Verwysings

Lys jou verwysings heel laaste op jou CV. Maak asb seker dat die persoon weet dat jy hom/haar as n vewysing op jou CV gesit het.

  • Naam van jou verwysing,
  • Maatskappy wat julle saam gewerk het
  • Kontak nommer

Onthou

  1. Moenie 'n generiese CV vir elke werk aansoek stuur nie, trek 'n CV op vir elke posisie waarvoor jy aansoek doen, aan die einde van die dag wil jy seker maak dat JY die werk kry.
  2. Wees eerlik op jou CV
  3. Moenie aansoek doen as jy nie aan al die kriteria voldoen nie
  4. Jy het net een kans om n indruk te maak, gebruik dit wys.
  5. Maak seker jy gebruik altyd n dekbrief

Sterkte!!!!

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp