Die Dekbrief

Die Dekbrief picture

Hoekom 'n dekbrief?

'n Dekbrief gee jou as die werksoeker 'n geleentheid om jou-self voor te stel en is dit die werkgewer se eerste geleentheid om 'n indruk te kry van wie jy is en 'n bietjie van jou persoonlikheid te leer ken.

Jou dekbrief moet die werkgewer oortuig dat jy die nodige ervaring en kundigheid vir n posisie het en dat jou CV daarvan sal getuig.

Hier is 'n paar wenke oor wat om in jou dekbrief in te sluit:

  1. Jou naam, adres, telefoon nommer en e-pos adres
  2. Die dekbrief moet direk aan die werkgewer of persoon wat advertensie geplaas het, gerig word.
  3. Die posbenaming waarvoor jy aansoek doen moet op die dekbrief verskyn
  4. Jou dekbrief moet aandui hoekom jy die beste kandidaat vir die pos is
  5. Opsomming van vaardighede
  6. Werkverwante prestasies
  7. Dekbrief moet kort en kragtig wees, nie langer as n bladsy nie
  8. Proeflees jou dekbrief, maak seker dit maak sin en maak seker van taalgebruik en spelling.
  9. Jou dekbrief moet die eerste bladsy van jou CV wees.

Hier is n voorbeeld van 'n dekbrief:

Beste (Werkgewer Naam/Agent Naam)

Inleidings paragraaf

  • Gebruik die paragraaf om aan te dui vir watter pos jy aansoek doen, waar jy die advertensie gesien het, hoekom jy aansoek doen en hoekom jy die geskikte kandidaat vir die pos is.

Tweede paragraaf

  • Som jou vaardighede, ondervinding, kwalifikasies en kundigheid op inlyn met die pos waarvoor jy aansoek doen.

Laaste paragraaf

  • Benadruk die redes vir jou aansoek, en verduidelik hoekom jy die ideale kandidaat vir die pos is. Vra die leser om jou CV te lees.

Eindig die brief

  • Eindig die brief met goeie wense en jou naam

Onthou, nie langer as een bladsy nie.

 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp