Die belangrikheid van kultuur in jou Boerdery en hoe om dit op te knap

Die belangrikheid van kultuur in jou Boerdery en hoe om dit op te knap picture

Die kultuur in elke Boerdery is uniek, en is daar nie ‘n algemene benadering of ‘n "one size fits all" benadering nie. Die gebrek aan ‘n konkrete definisie vir kultuur in Boerdery beteken dat dit gevorm kan word in wat die beste vir jou Boerdery is, maar beteken ook dat die konsep gevaarlik en ontasbaar kan voel wat op sy beurt die kultuur in jou Boerdery kan verwaarloos.

In sy kern gaan "kultuur" oor die waardes van jou Boerdery en hoe die Boerdery homself in die werkplek manifesteer, van beleid tot werknemer interaksie. Dit is die konteks vir alles wat binne die Boerdery gebeur. Kultuur is dinamies en vloeibaar, bestaan uit elke persoon, kwaliteit van jou werkplek en die trots waarmee werknemers hulle werk doen.

‘n Kultuur wat die Boerdery se kernwaardes en voordele weerspieël vir beide eienaar en personeel, sal die Boerdery bevoordeel in terme van samehorigheid, doeltreffendheid en verhoogde produktiwiteit. In teenstelling hiertoe lei personeel wat nie kan aanpas by die kultuur van die Boerdery nie tot hoër personeelomset, verminderde produktiwiteit en gevolglike hoër kostes.

Die opknap van jou Boerdery se kultuur is nie maklik nie juis omdat “kultuur” ontasbaar en moeilik is om te definieer, en is dit moeilik om die regte woorde te vind om produktiewe gesprekke met personeel te hê oor insette.

As Boer en/of Plaasbestuurder het jy die geleentheid om die kultuur op die Plaas te help vestig deur  te lei deur voorbeeld. Jy het die mag om die kultuur op mikro- en makrovlakke te beïnvloed, van algemene interaksies met werknemers tot die beleidraamwerk van jou Boerdery. Jou werk as leier is om verwagtinge te stel en jou werknemers die “gereedskap” te gee en te bemagtig om hul werk reg en sorgvuldig te doen. Bou vertroue onder jou werknemers met deursigtigheid en om tweerigtingkommunikasie aan te moedig, wat werkverhoudings sal versterk, verwarring en swak kommunikasie sal voorkom. (Lees gerus ons artikel “Wat is jou Bestuurstyl” )

8 Wenke om die kultuur in jou Boerdery te verbeter

Plaasbestuurder.co.za werk nou saam met verskillende soorte Boerderye en Landboubesighede - beide groot en klein - en het ons die volgende wenke oor tyd versamel wat kan help om jou Boerdery of Maatskappy se kultuur te bou en jouself op te stel vir sukses

Besin oor jou waardes

Waarvoor staan jy?, dink aan jou missie, en hoe jou waardes in die prentjie pas. Ontleed jou kultuur objektief. Word jy gedryf deur resultate en harde getalle? Hoe waardeer jy veiligheid? Hoe belangrik is respek? Waardeer jy samewerking en spanwerk of is jy meer van ‘n individualis? Hoe belangrik is kwaliteit? Dink ook aan jou ideale werkplek waarin jy sou wil werk en kontrasteer dit met die werkplek wat jy bestuur. 

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n gesonde werksplekkultuur opsomming.

"Ons werkplekkultuur is samewerkend, bemoedigend en buigsaam. Ons het goeie personeel wat baie goed oor die weg kom en hard werk as 'n span na ons gemeenskaplike doel om die beste ervaring en produkte vir ons kliënte te bied. Ons waardeer spanwerk, betroubaarheid, werknemergroei en vooruitgang, balans tussen werk en lewe en is trots op ons gemeenskapsbetrokkenheid. Ons verwag kommunikasie en deursigtigheid asook resultate, en ons werknemers word uitgedaag om hul heel beste te lewer."

Sodra jy jou ideale Boerderykultuur geïdentifiseer het, is dit tyd om 'n opsetlike strategie te skep wat jou waardes uitbring. Verbeter die eienskappe van jou huidige werklikheid wat die goeie van die organisasie ondersteun, en verander die eienskappe wat groei belemmer en jou aftrek.

Neem die regte mense in diens

Wanneer jy die regte persoon vir die regte werk aanstel, wen almal en sal die nuwe werknemer meer produktief wees, inpas en bydra tot die maatskappy se kultuur, en bydra dat jou Boerdery floreer. 

Net so, aan die ander kant, as jy haastig en vinnig die verkeerde persoon aanstel, sal jy verminderde produktiwiteit, hoër kostes en moontlik swak moraal in jou Boerdery inbring. Hierdie swak moraal is aansteeklik en sal jou besigheid se kultuur beïnvloed.

Alhoewel die werwingsproses soms tydsaam is en dit kan voel of die arbeidsmark beperk is, is dit belangrik om die regte kandidaat te identifiseer om langtermyn onproduktiwiteit en kostes te voorkom. Dit is raadsaam om gedurende ‘n onderhoud met ‘n potensiële kandidaat vra te vrae wat verband hou met kernwaardes en kultuur sonder om jou waardes en kultuur te openbaar. Vra vrae wat die kandidaat sal aanmoedig om te praat oor hul oortuigings, ervarings en werkstyl. Hierdie benadering vrae sal jou meer openhartige en ware antwoorde gee in plaas daarvan dat die kandidaat jou net vertel wat hulle dink jy wil hoor.

Onthou, net soos jy 'n onderhoud met potensiële kandidate voer, voer hulle 'n onderhoud met jou. Maak seker dat jy jou Boerdery akkuraat verteenwoordig want as jou nuwe aanstelling voel hy/sy is mislei , loop jy die risiko om dieselfde gevolge te hê as iemand wat aangestel is wat net eenvoudig nie by die kultuur van die Boerdery kan aanpas nie en wat kan lei tot die versuuring van moraal omdat hulle mislei voel.

Gee terugvoer

As iemand goeie werk doen, gee erkenning. Dikwels, sal personeel/werkers nie weet dat hulle aan verwagtinge voldoen nie of oorskry nie, tensy iemand eintlik iets oor dit sê nie.

Wanneer Bestuurders klein oorwinnings en suksesse met werkers vier en /of erkenning gee, verhoog  vertroue, algehele moraal, en bevorder dit 'n positiewe kultuur waar mense opgemerk en waardeer voel. Nie net dit nie, maar jy sal jou werknemers motiveer om aan te hou om daardie suksesse te bereik. Mense wat erken voel, is ook minder geneig om hul werk te bedank, wat lei tot ‘n kleiner personeelomset.

Terugvoer is ook van toepassing op foute. Spreek foute aan, maar vermy die skep van 'n kultuur waarin mense bang is om foute te maak en risiko's te vermy. Bied eerder tydige, regverdige en spesifieke terugvoer wat gebalanseer is met positiewe terugvoer. Hou terugvoer objektief en konstruktief sodat die werknemer weet hoe om in die toekoms te verbeter en nie voel dat dit persoonlik is nie. Alhoewel negatiewe terugvoer nooit lekker is nie, is dit belangrik om regverdig te wees en mense aanspreeklik te hou vir hul foute sodat hoër presteerders nie ongemotiveerd en onopgemerk voel nie.

Wees deursigtig

Wanneer werknemers agterkom dat jy deursigtig is, wys dit dat jy hul betrokkenheid waardeer en bou dit vertroue van onder na bo. Betroubare kommunikasie is die sleutel in die handhawing van hierdie vertroue. As klein saadjies van twyfel oor jou betroubaarheid geplant word, kan dit versprei en algemene gevoelens van wantroue skep wat op sy beurt nie net die moraal beïnvloed nie, maar ook werksprestasie.

Vind uit wat jou werknemers motiveer

Mense het 'n inherente begeerte na betekenis. Wanneer mense 'n gevoel van doel in hul werk voel, is hulle meer betrokke, gemotiveerd en ervaar hulle 'n gevoel van vervulling, nie net in die werk nie, maar in sy/haar persoonlike lewe.

Die werklikheid is dat betekenis in enige werk gevind kan vind, maar soms is dit die Boer en Plaasbestuurder wat die kolletjies vir die werknemers moet verbind. Wys hulle die werklike effekte van hoe hulle in die groot prentjie pas, met die taak op hande. Help jou werknemers om positiewe betekenis te vind en die impak te besef wat hulle op ander het.

Oorweeg beloningsprogramme vir diegene wat jou Boerderywaardes verpersoonlik. Dit help om die aandag te vestig op die soort gedrag wat vir jou en jou Boerdery belangrik is en motiveer die werknemers om daardie gedrag te modelleer en op sy beurt die kultuur te versterk.

Weet dat julle 'n familie is

Aan die einde van die dag funksioneer al die unieke individue en komplekse bewegende dele binne jou Boerdery as 'n enkele eenheid. Skep 'n kultuur en omgewing wat sterk verhoudings tussen werknemers en tussen werknemers en bestuur bevorder, gesetel in gedeelde waardes.Wanneer hierdie werksverhoudings sterk is, sal personeel 'n groter verantwoordelikheid voel, mekaar ondersteun, en almal is sterker as gevolg daarvan wat moeilike tye beter sal weerstaan want almal sal voel dat hulle mekaar se ondersteuning het.

Meet jou sukses

Hoe weet jy of dit wat jy doen, werk? Hoe kan jy die sukses van iets ontasbaars, soos kultuur, kwantifiseer en opspoor?

Ontwikkel 'n kulturele assesseringsinstrument wat werknemers kan gebruik om die Boerdery te gradeer oor sleutelaspekte van die kultuur. Kry insette van mense op alle vlakke en kommunikeer die resultate.

Fokusgroepe is 'n goeie manier om eerstehandse terugvoer direk van jou werknemers te kry om te hoor wat werk en wat nie. ‘n Konsensus oor waardes tussen werknemers en bestuur sal sterk en meer deurdringend wees as waardes wat slegs deur die bestuur gehou word.

Prioritiseer Geestesgesondheid

Jou werknemers is nie net ratte in ‘n masjien nie, hulle is mense. Bestuur hierdie sentiment deur geestesgesondheid te prioritiseer en ruimte te maak vir balans tussen werk en lewe.

Alhoewel dit onmoontlik kan voel om voorsiening te maak vir die balans tussen werk en lewe, sou ons versuim om dit te doen is nie net teenproduktief vir jou besigheid, maar skadelik vir jou werknemers. Ontleed jou huidige beleid om te sien waar veranderinge aangebring kan word om werk-lewe balans te akkommodeer sodat jy gevreesde uitbranding kan vermy, en wees bewus van plaaslike hulpbronne wat beskikbaar vir diegene wat dit nodig het.

Wanneer werknemers voel dat hulle as mense gewaardeer word, is hulle eintlik meer produktief en jou besigheid vaar beter. Skep 'n omgewing van toeganklikheid waar jou werknemers gemaklik jou kan nader en sal hierdie kultuur van sorg vertroue in bestuur versterk, en op sy beurt jou besigheid versterk.

Finale gedagtes

Wanneer jy 'n opsetlike strategie skep om jou Boerdery se kultuur saam te stel in plaas daarvan om dit aan die toeval oor te laat, stel jy jouself op vir sukses. Klein, uitvoerbare veranderinge soos modellering van respek en deursigtigheid van bo af na onder help om 'n omgewing te skep waarin mense werklik wil werk!

Of jy nou tevrede is met die kultuur van jou Boerdery of 'n totale opknapping benodig en nie weet waar om te begin nie, deurlopende verbetering is die doel. Herwaardeer jou Boerdery gereeld en wend ‘n doelbewuste poging aan om klein veranderinge aan te bring, dit sal jou verbaas oor wat jy kan bereik!

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp