Hoe om uitbranding en ongelukkige personeel te bestuur

Hoe om uitbranding en ongelukkige personeel te bestuur picture

Harde werk en lang ure in die landboubedryf is die norm, en is die werksetiek op ‘n Plaas iets waarop baie van ons trots is en deel van die leefstyl van Boerdery is.

‘n Sterk werksetiek gekombineer met seisoenale veranderinge en tydsensitiewe take wat deur die jaar gedoen en afgehandel moet word, dink ons min aan uitbranding en is dit iets wat dalk oorweeg moet word juis oor die belangrikheid van balans tussen werk en persoonlike lewe.

In hierdie artikel gaan ons kyk na ‘n paar wenke om personeel uitbranding en ongelukkige Bestuurders te bestuur.

Die menslike koste van uitbranding

Boerderye verwag 'n hoë vlak van produktiwiteit van personeel maar dit kan ook gebeur dat ons so obsessief raak oor produktiwiteit dat ons mense verwaarloos wat hard werk vir die Boerdery. ‘n Fokus net op produktiwiteit, sonder om die tol wat dit op ons werknemers het te oorweeg, kan lei tot uitbranding, wat kan lei tot emosionele, geestelike en fisiese uitputting, wat verder vererger kan word deur 'n gebrek aan hulpbronne, ondersteuning en begrip. In Boerdery waar harde werk en lang ure 'n groot tol op die liggaam eis, is dit 'n baie werklike probleem.

Hoe weet jy of jou personeel aan uitbranding ly?

Personeel kan bekommerd, gestres en gedemoraliseerd voorkom. Hulle is gewoonlik gereeld afwesig of dikwels siek, het gedurig een of ander skeet of pyn, onttrek van kollegas en is oor die algemeen op sy/haar eie.

Werknemer uitbranding gebeur nie oornag nie en is die impak van uitbranding van personeel nie net die individu nie (wat op sy eie problematies is), maar ook op kliënte, verskaffers en die Boerdery. Wanneer werknemers ongelukkig is, dra dit oor, selfs onbedoeld, en is negatiwiteit in die werkplek aansteeklik binne ‘n gedemoraliseerde atmosfeer van oorwerkte en uitgebrande werknemers.

‘n Personeellid wat gereeld afwesig is of wie se aandag nie by sy werk is nie is baie problematies in Boerdery en sal die dag tot dag operasionele bedrywighede op jou Plaas skade lei, wat kan lei tot die verhoging in afvalproduk en verlaging in marge. Uitbranding van werknemers kan elke area van die Boerdery beïnvloed en is dit 'n baie ernstige toestand wat oor meer gaan as net ‘n blote behoefte aan ‘n rusperiode. 

Bekamping van werknemer uitbranding

Om uitbranding van werknemers te bekamp, moet ons mense eerste stel. Personeel is jou grootste bate en hoogste aanspreeklikheid, en is hulle nie net noodsaaklik vir die sukses van jou Boerdery nie, maar is dit individue wat verdien om gerespekteer en goed behandel te word.

Deel van die bekamping van werknemer uitbranding is om sleutelprestasie-aanwysers vir prestasie en werksuitset te hê, en is dit belangrik om realistiese verwagtinge en doelwitte te hê wat die geluk en veiligheid van werknemers in ag neem. Produktiwiteitsdoelwitte beteken egter niks as werknemers as gevolg daarvan uitgebrand word nie.

Werksbevrediging en geluk is van die belangrikste veranderlikes in verhoogde produktiwiteit, en wanneer ‘n werkgewer omgee vir sy personeel se geestelike en fisiese gesondheid, sal werknemers gewaardeer voel, wat op sy beurt dan lei tot werk van hoë gehalte. ‘n Gelukkige werkplek is 'n produktiewe werkplek.

Deur die behoeftes van jou werknemers te prioritiseer kan werknemer uitbranding bestry word deur werkers, te ondersteun, te waardeer, te luister en regverdig te behandel. Om die uitbranding van werknemers en ongelukkige werknemers te verminder,  is dit belangrik om die werksomgewing regtig te evalueer, duidelike en realistiese verwagtinge te stel, werknemers behoorlik op te lei en beste praktyke te implementeer om produktiwiteit te verhoog terwyl  werknemers se moraal en welsyn gehandhaaf word.

Kyk na jou werksomgewing

Om gelukkige werknemers te hê wat nie uitgebrand word nie, is dit belangrik om regtig te kyk na die werksomgewing wat jy kweek en die prosesse wat jy gebruik om jou besigheid te bestuur. 1) Ondersoek al die redes waarom produktiwiteit in die werkplek daal, insluitend jou eie bestuurstyl, 2) Vra jou werknemers vir hul terugvoer deur een-tot-een-onderhoude, 3) Groter spanbyeenkomste en klein fokusgroepe, 4) Inkorporeer terugvoer deur 'n verskeidenheid bronne om seker te maak dat jy die volle prentjie kry, 5) Evalueer die terugvoer en kyk na gemeenskaplikhede en oorweeg dit om veranderinge aan te bring.

Stel ‘n Boerderykultuur saam wat bevordelik is vir produktiwiteit en werksplektevredenheid

Die kultuur binne jou Boerdery is baie belangrik vir werksbevrediging. ‘n Kultuur wat jou kernwaardes weerspieël en die Boerdery en jou werknemers bevoordeel skep 'n meer samehangende omgewing en verhoogde doeltreffendheid en produktiwiteit.

‘n Negatiewe werkplekkultuur lei tot hoë personeelomset, verminderde produktiwiteit en negatiewe werknemer en kliënt ervarings. (Lees gerus ons artikel “Die belangrikheid van kultuur in jou Boerdery en hoe om dit op te knap”

Stel duidelike en realistiese verwagtinge

Een van die vinnigste en sekerste maniere om 'n werknemer ongelukkig te maak, is om standaarde te hê wat hulle onmoontlik kan bereik. Dit is belangrik om seker te maak dat jou verwagtinge haalbaar, realisties en duidelik gekommunikeer word en kan gedoen word deur 1) beste praktyke te oorweeg, 2) skep sleutelprestasie-aanwysers vir elke rol wat gekoppel word aan besigheidstrategie en -doelwitte, meetbaar en spesifiek, 3) identifiseer huidige basislynprestasie en standaarde wat produktiwiteit monitor en 4) meet jou sleutelprestasie-aanwysers op 'n gereelde basis.

As 100% van jou werknemers 100% van die tyd aan hul KPI’s voldoen, is die KPI’s waarskynlik nie uitdagend genoeg nie en kan jou verwagtinge te laag wees. As minder as die helfte van jou werknemers dit bereik, is jou verwagtinge waarskynlik te hoog.

Opleiding

Om jou Boerdery of Landboubesigheid doeltreffend te bestuur, moet jy seker maak dat jou werknemers behoorlik opgelei is, wat nie net veiligheid en produktiwiteit sal verhoog nie, maar sal ook verseker dat jou werknemers die nodige kennis het om te slaag in hulle werk.

Dit is belangrik om realisties te wees oor hoe werknemers sal presteer, veral wanneer hulle nuut is. Gaan gereeld by werknemers om, beide op die eerste dag en gedurende die eerste 90 tot 120 dae. Hierdie tydperk behoort te bestaan uit onderrig en opleiding sodat werknemers hul vertroue vir hul nuwe rol kan opbou.

Dit is ongelooflik belangrik om seker te maak dat jy bewese prosesse en prosedures het, sowel as maatreëls om dit te evalueer, sodat jy jou werknemers dienooreenkomstig kan oplei.

Balanseer produktiwiteit en werknemerwelstand met hierdie strategieë

  1. Kommunikeer gereeld met jou werknemers oor produktiwiteit en prestasie, nie net as daar 'n probleem is of net tydens 'n formele oorsig is nie.
  2. Laat jou werknemers weet dat jy hul insette waardeer en jy hul bekommernisse hoor (maak seker dat jy dit doen en dit nie net sê nie!)
  3. Verduidelik die prosesse en kommunikasiekanale vir terugvoering wat verband hou met produktiwiteit en prestasie. Werknemers moet die opsie hê om met iemand te praat waarmee hulle gemaklik is as hulle nie met hul direkte bestuurder wil praat nie.
  4. Implementeer 'n welstandsprogram of werknemerbystandsprogram.
  5. Moedig werkbalans aan met buigsame skedulering indien moontlik. As jy kan, verskaf periodieke welstandsdae sodat werknemers kan herlaai en aandag gee aan enige persoonlike behoeftes.
  6. Oorweeg tegnologiese opgraderings om take doeltreffender te maak.
  7. Wees oop vir terugvoer en as dit sin maak en gedoen kan word, wees buigsaam genoeg om jou benadering te verander.
  8. Gee positiewe terugvoer! Moenie net met jou werknemers praat as daar 'n probleem is nie. Trouens, gee komplimente, erken harde werk en beloon produktiwiteit om werknemers te help tot hoë werksbevrediging

Finale gedagtes

Alhoewel sekere tye van die jaar meer stresvol in Boerdery kan wees, is daar maniere om uitbranding van werknemers te bestuur en werknemers gelukkig te hou. Dit is belangrik om seker te maak dat werknemers reg behandel word en stappe gedoen word om uitbranding voldoende te voorkom, nie net skep dit gelukkige werknemers nie, dit verhoog produktiwiteit en verminder personeelomset.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp